Sport

Kennies vier span-gees en wen-ervarings by eerste o.10 Krieketfees

Skole soos Lynnwood, Pridwin en Fairland het aan die eerste Kenmare o.10 Krieketfees deelgeneem. Die driedaagse gebeurtenis het jong spelers die kans gegee om hul liefde vir krieket te vier in ’n gees van sportmanskap en samehorigheid.

Laerskool Kenmare het vir die eerste keer die o.10 Krieketfees aangebied, waaraan verskeie skole tussen 16 en 18 Oktober deelgeneem het.

Die deelnemende skole was Kenmare, Fairland, Helderkruin, Pridwin Preparatory, King Edward VII Preparatory en Lynnwood.

Danre Swiegelaar gooi die bal.

Volgens die organiseerder van die fees, Jean van Zyl, is daar min geleenthede vir o.10-spanne om buite hul liga te speel.

“Ons het gevoel ons wil graag dié geleentheid skep en vir die kinders die fees reël. Hierdie jaar was die eerste fees, maar ons is reeds in gesprek om die skole weer vir volgende jaar se fees te nooi,” het hy gesê.

Paaltjiewagter, Marno Niemand.

Van Zyl het bygevoeg dat die hoogtepunt vir hom was om die leerders op die veld te sien.

“Met só ’n fees is daar nie werklik ’n wenner of verloorder nie, maar eerder ’n kans vir kinders om te ontwikkel en nuwe vriendskappe te bou. Verskillende skole van regoor die provinsie kry ook die geleentheid om op nuwe velde te speel en hul talente uit te leef.”

Hy het afgesluit deur almal te bedank vir hul ondersteuning om die fees ’n sukses te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button