Sport

CCCO se gholfdag bring gees en helpende hande aan kinders in nood

Die jaarlikse gholfdag het op 18 November groot geesdrif en kompetisie gebring, terwyl fondse vir kos, terapie en mediese uitgawes ingesamel is.

Cross Connect Community Outreach (CCCO) het weer die gholfliefhebbende gemeenskap gelok met hul jaarlikse gholfdag.

Hierdie byeenkoms het op 18 November by die Krugersdorp Gholfbaan plaasgevind, en volgens hul direkteur, Nicole Tolman, streef hulle daarna om dit as ’n hoogtepunt op hul kalender te vestig.

Kyle en Nicole Tolman.

Die dag was daarop gemik om fondse in te samel ten bate van die kinders, en Nicole het genoem dat 88 spelers hul harte en goeie gesindheid oopgemaak het om die organisasie te ondersteun.

“Om ‘n huis van 30 kinders te bestuur, bring enorme maandelikse uitgawes mee. Fondsinsamelings soos hierdie maak die daaglikse funksionering moontlik – van kos en terapeute tot mediese kostes,” het sy verduidelik.

Die spelers was van vroegoggend af op die gholfbaan, waar hulle hartlik verwelkom is. Nicole beskryf die gees onder die spanne as elektries. “Die dag het tot groot mededinging gelei! Die lang dag op die baan is afgesluit met ’n aandete, ’n veiling, die uitdeel van lootjiepryse en die aankondiging van die beste spelers.”

Sy het die top drie spelers soos volg uitgelig:

• Eerste plek: Stef Koch
• Tweede plek: Joey Warby
• Derde plek: Franco van der Westhuizen

“Ons is reeds besig om ons volgende gholfdag vir volgende jaar te beplan. Die gemeenskap word uitgenooi om ons sosiale media te volg en die datum te reserveer. Ons spreek ook ons opregte dank uit teenoor elke maatskappy en individu wat bygedra het om hierdie dag ’n sukses te maak,” het sy afgesluit.

Indien jy ’n bydrae tot CCCO wil maak, kontak vir Nicole by 074 171 3736.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button