Sport

Rugbyklub vir ‘Toppies’ gee erkenning

Spelers, stigters en klubhelde van die jaar word by die rugbyklub vir ‘Toppies’ vereer.

Die Golden Eagles Oldies Rugbyklub, beter bekend as die klub vir ‘Toppies’, het op 29 November hul jaarlikse prysuitdeling gehou.

Volgens klubkaptein Archie Fourie is die geleentheid aangebied om spelers se prestasies deur die jaar te erken.

Pierre ‘Bumper’ Theron en John ‘Frenchy’ Cairns. Foto ingestuur

Die volgende lede het toekennings ontvang:

• Ester en Seun le Roux – Stigterslede
• Pierre ‘Bumper’ Theron – Lewenslange erkenning
• Antonio ‘Boerboel’ Fourie – Jong speler van die Jaar
• Martin ‘Bakkies’ Bester – Nuwe speler van die Jaar
• John ‘Frency’ Cairns – Agterspeler van die Jaar
• Jacques ‘Bloubul’ Theron – Voorspeler van die Jaar
• Archie ‘Kraai’ Fourie – Speler van die Jaar
• Steven ‘Robocop’ Mackrill – Klubspringer

John ‘Frenchy’ Cairns en Steven ‘Robocop’ Mackrill met hul toekennings. Foto ingestuur

Fourie het afgesluit deur te sê dat elke speler ook ’n trofee ontvang het vir hul diens deur die jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button