Sport

Noordskool se jukskei-trots: Nasionale sukses vir Keagan

Die o11-span van die Gauteng Noord Jukskei Unie, met Keagan Croukamp van Noordskool as spanlid, het in Desember ’n besonderse oorwinning behaal.

Keagan Croukamp, ’n leerder van Laerskool Krugersdorp-Noord, was deel van die span wat gedurende Desember die eerste plek by die Jukskei Junior Kampioenskappe behaal het.

Die kampioenskappe is van 6 tot 12 Desember in Kroonstad gehou, waar die span die o11-ouderdomsgroep gewen het. Volgens Keagan se ma, Elaine Croukamp, speel hy nou al twee jaar jukskei, en dit was sy tweede deelname aan die Laerskoleweek van die Junior SA Kampioenskappe as lid van die Gauteng Noord Jukskei Unie.

Elaine het genoem dat die span die toernooi met ’n eindtelling van 121.5 punte afgesluit het.

“Ons is ongelooflik trots op Keagan en sy span. Ná baie harde werk en tot vier ure se oefening per dag, kon hulle die vrugte van hul toewyding pluk. Keagan droom daarvan om eendag vir die o13-span te speel en uiteindelik sy Springbok-klere in jukskei te verwerf. Hy hoop om ook aan internasionale toere, soos na Namibië, deel te neem,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Check Also
Close
Back to top button