Nories se interhuis: Waar rekords breek en gees vlam vat
Rekords is verbeter, gees het oorheers en meer as 1 600 atlete het Hoërskool Noordheuwel se interhuis onvergeetlik gemaak.
Hoërskool Noordheuwel het hul atletiekseisoen met groot gees en sportmanskap afgeskop tydens hul jaarlikse interhuisbyeenkoms.
Die byeenkoms het op 19 Januarie plaasgevind en volgens die skoolhoof, Dawie Kriel, word dit jaarliks aangebied sedert die skool 45 jaar gelede sy deure geopen het.

Ongeveer 1 600 atlete het deur die loop van die dag deelgeneem, terwyl die Romeine, Germane en Spartane die pawiljoen met sang en gees gevul het.

“Die hoogtepunt vir my was die ongelooflike gees. Dit was besonders om te sien hoe bykans 2 000 leerders saam sing en hul huise ondersteun,” het Kriel gesê.

Verskeie baan- en veldrekords is tydens die byeenkoms verbeter:
• Keegan Coetzee het die seuns o17-1 500m-rekord verbeter van 04:18.60 na 04:09.08. Die vorige rekord het sedert 2021 gestaan
• Mikatla Bester het die dogters o19-100m-hekkiesrekord verbeter van 14.30 na 14.23 – ’n rekord wat sedert 1983 gestaan het
• Lanelda Herbst het die dogters o14-diskusrekord verbeter van 33.62m na 42.60m. Die rekord het sedert 2016 gestaan
• Suné Coetzee het die dogters o15-spiesgooirekord verbeter van 41.84m na 42.60m. Die rekord het sedert 2024 gestaan
• Taya Pelser het die dogters o16-3 000m-rekord verbeter van 12:28.19 na 10:52.73
• Luan Louw het die seuns o15-800m en -1 500m-rekords verbeter van 02:04.78 na 02:04.06 en van 04:30.00 na 04:27.42. Die rekords het onderskeidelik sedert 2019 en 1996 gestaan
• Caylen Jenkins het die dogters o19-400m-hekkiesrekord verbeter van 01:03.80 na 01:02.77. Die rekord het sedert 2013 gestaan
• MJ Kritzinger het die seuns o16-hoogspringrekord verbeter van 1.85m na 1.86m – ’n rekord wat sedert 2002 gestaan het
• Rudolph le Roux het die seuns o14-diskusrekord verbeter van 41.81m na 42.46m. Die rekord het sedert 2025 gestaan
• Mieke van der Merwe het die dogters o14-300m-hekkiesrekord verbeter van 46.80 na 45.92 sekondes. Die rekord het sedert 2020 gestaan
• Keanu van Zyl het die seuns hoogspringrekord verbeter van 1.72m na 1.75m. Die rekord het sedert 2025 gestaan
