School sport

Wit Bulle oorrompel Welkom, beïndruk teen Grey

Monnas se Wit Bulle het hul seisoen sterk afgeskop met ’n oortuigende 87–22 oorwinning oor Welkom en ’n belowende vertoning teen Grey College.

Hoërskool Monument, een van die sterkste rugbyskole in die Wes-Rand, het sy rugbyseisoen volstoom afgeskop.

Op 14 Maart het Monnas kragte gemeet met Welkom Gimnasium en Hoërskool Marais Viljoen op die Ras van Rooyen-veld, waar die tuisspan 10 uit 12 wedstryde gewen het.

Monnas se o14-spanne het sterk vertonings gelewer.

Die o14B-span het Welkom oortuigend met 47–5 geklop, terwyl die o14A-span ook gemaklik met 43–3 geseëvier het.

In die o15-wedstryde het die o15C-span swaar teen Marais Viljoen se o15A-span vasgeval (56–5), maar die o15B-span het herstel met ’n goeie 36–7 oorwinning oor Welkom.

Ryno van der Westhuizen storm voort soos ‘n ware Wit Bul. Foto: Marius Janse van Rensburg

Die o15A-span was besonders indrukwekkend en het Welkom met 85–0 afgeransel.

Die o16C-span het met 55–0 teen Marais Viljoen se o16A-span verloor, terwyl die o16B-span ’n noue 12–10 oorwinning oor Welkom behaal het. Die o16A-span was weer oorheersend met ’n 57–0 sege.

Monnas se Barbarians-span het ook hul klas gewys deur Marais Viljoen se vierde span met 34–0 te klop.

Op o19-vlak het die Sables Welkom se o19C-span met 37–0 oorrompel, terwyl die Kwaggas ’n 40–5 oorwinning oor Welkom se o19B-span behaal het.

Ruan Genis word geduik in ‘n wedstryd teen Welkom. Foto: Marius Janse van Rensburg

Die Wit Bulle het die dag afgesluit met ’n indrukwekkende 87–22 oorwinning oor Welkom se o19A-span.

Monnas se hoof van afrigting, Dr Jannie du Plessis, het gesê die span het verlede jaar ’n sterk seisoen gehad en die afgelope weke hard gewerk.

“’n Mens kon duidelik sien dat ons goeie rugby speel. Ons was ook opgewonde vir die stryd teen Grey College. Dit is altyd vir ons lekker om teen hulle te speel en onsself te meet,” het hy gesê.

Lees ook: Topprestasies oor alle items by D2-atletiekbyeenkoms

Monnas het op 21 Maart teen Grey College te staan gekom. ’n Hoogtepunt vir die span was toe losskakel Jayden Viljoen ’n skepskop van byna 60m oorgeklits het, wat sosiale media laat gons het. Grey se eerstespan het egter die Wit Bulle met 31–15 geklop.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button