Editor's note

Bewusmaking effektief in Krugersdorp?

Om ‘n geliefde weens onnatuurlike oorsake aan die dood af te staan, het gewoonlik ‘n geweldige impak op dié wat agterbly. Oor die naweek is die familie en vriende van Chris Oosthuizen (25) en Stefan Botha (26) in rou gedompel nadat dié twee jong mans in ‘n noodlottige ongeluk in Roodepoort betrokke was. Ons lees …

Om ‘n geliefde weens onnatuurlike oorsake aan die dood af te staan, het gewoonlik ‘n geweldige impak op dié wat agterbly.

Oor die naweek is die familie en vriende van Chris Oosthuizen (25) en Stefan Botha (26) in rou gedompel nadat dié twee jong mans in ‘n noodlottige ongeluk in Roodepoort betrokke was.

Ons lees daagliks op sosiale netwerkplatforms en elders van huise wat afbrand en ongelukke waarin mense óf beseer word óf sterf.

Padveiligheidsveldtogte is dikwels nutteloos, maar bewusmaking kan ‘n vorm van troos wees, veral vir dié wat regstreeks daardeur geraak word.

Krugerdorpers word nou gevra om ‘n aantal veldtogte te ondersteun aangesien te veel lewens al verloor is.

Het dit nie tyd geword dat daar na die onderliggende oorsake van al die onnatuurlike sterftes gekyk moet word nie omdat mense se oordeel hulle dikwels in die steek laat?

Dit is dalk iets om aan te dink, Krugersdorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button