Norie se Minke is die beste aktrise in tienertoneelkompetisie

Hoërskool Noordheuwel se Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet en Tot die dood ons skei was ook albei finaliste.

Jong voornemende teatermakers het die Roodepoort-teater se verhoog warm gespeel, gehore vermaak, ontroer en bekoor om uiteindelik ’n kans te staan om as die wenner van die 54ste ATKV-Tienertoneelfinaal gekroon te word.

Hoërskool Noordheuwel se Anna-Maria Davidtz van Dik-Daan van Diepgezet en Tot die dood ons skei was albei finaliste, en leerder Minke Marais wat die rol van Anna-Maria vertolk het, is aangewys as die beste aktrise in ’n hoofrol.

In ’n splinternuwe afdeling vir ’n hele Tienertoneelgeselskap – van die regisseur, skrywer en spelers tot die tegniese operateurs – wat uit slegs hoërskoolleerders bestaan, het Helpmekaar Kollege van Johannesburg se Net nog een koning gekraai. Die ATKV het die afdeling gevestig om ’n skeppende gees onder die leerders aan te moedig. Die positiewe gevolg was dat 23 toneelstukke in hierdie splinternuwe afdeling meegeding het, waarvan vier produksies na die finaal genooi is.

Norie-leerders Robert Kruger (beste akteur), Ruan van der Merwe (beste beligtingsoperateur), Dillen Breitenbach (beste klankoperateur) en Lana-Mi de Beer (beste verhoogbestuurder) het nominasies ontvang in hulle onderskeie kategorieë.

Die News wens hierdie leerders baie geluk met hul fantastiese prestasie. Julle hou jul skool en dorp se naam hoog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button