EntertainmentLifestyle

Ons eie Kokkedoor eindig in top drie

Ralph Farmer het saam met van die top onthou- en kinkelkokke in die land gekook gedurende die verfilming van Kokkedoor 3 en eindelik met 'n topposisie weg gestap.

Die pad na Kokkedoor wat reeds in Februarie begin het, was lank en hittig agter die kospotte.

Ralph Farmer se hart was nog altyd in die kombuis, al moes hy elke dag van 9vm tot 5nm elders werk. Kook was sy heenkome; ‘n plek vir sy siel om te rus.

Sy verloofde, Martin Boyder, het op ‘n dag besluit dat iets aan die saak gedoen moes word en het Ralph ingeskryf vir kykNET se Kokkedoor-kookprogram. Wonder bo wonder, sonder enige professionele opleiding, het Ralph die oudisierondtes geslaag deur die beoordelaars behoorlik met ‘n paar disse te beïndruk.

Martin Boyder het Ralph Farmer deur die hele Kokkedoor-avontuur ondersteun. Foto: Jaco Human.

Na ‘n maand se opnames het Ralph reeds geweet wat die uitslag was, maar hy moes na sy normale lewe terugkeer en dit geheim hou. Eers toe die laaste episode teen middel-September uitgesaai is, kon oor die uitslag praat. Ralph en sy spanmaat het derde uit 30 kokke geëindig.

Ralph was een van die 20 oorspronklike ‘onthou-kokke’ wat hulle kookvernuf so oor die jare self aangeleer het. “Ek gaan volgende jaar my boek, Stories van ‘n Koolstoof, bekend stel,” het hy begin vertel.

“My ouma het my alles geleer. Ek het soveel herinneringe van haar agter die koolstoof. Ek skryf al hierdie resepte vir haar, elkeen met ‘n storie.”

Die kompetisie het vir Ralph laat besluit dat dit tyd was vir meer. Hy tree deesdae gereeld by geleenthede op en het ‘n manier gevind om sy liefde vir kook met liefdadigheid te kombineer. Hy het reeds sy eie, reeds suksesvolle spyseniersonderneming op die been gebring en hou op 14 December sy eerste fondsinsameling-Kersete, waarvan die opbrengs aan die Wes-Rand Skool vir Gestremdes geskenk sal word. Ralph en sy spanmaat en kinkelkok, Pieter Malan, sal die ete voorberei waarvoor sowat 200 gaste hul plekke teen R300 per persoon kan bespreek. Ralph beplan om meer sulke etes vir liefdadigheid aan te bied, en ookom as ‘n gaskunstenaar onder die naam The Home Chef by funksies op te tree. Martin kan gekontak word by 071 370 8226 vir verdere navrae.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button