KYK: Norie-matrieks oor 2020 en die lewe na skool
Noordheuwel — Hoërskool Noordheuwel se 2020-matriekgroep is uiteindelik klaar met hul skoolloopbaan en het teruggekyk oor wat hulle geleer het gedurende hierdie moeilike jaar. Hulle het ook van hul toekomsplanne vertel.
Anja van Heerden het gesê, “Ek het hierdie jaar geleer dat, maak nie saak hoe alleen jy voel nie, daar altyd iemand is wat omgee”.
“Wat ek hierdie jaar geleer het is dat jy in moeilike situasies in jouself moet glo,” het Leatitia van der Walt vertel.
Janko van Niekerk het laastens gesê, “Ek het geleer dat akademie belangrik is, maar dat akademie ook nie alles is nie”.