EntertainmentHigh SchoolKids

Droom bewaarheid nadat haar stem amper stilgemaak is

Lisa, die hoofsanger van Jacaranda FM se My Kid Rocks-musiekgroep is verlede jaar met 'n onderaktiewe skildklier gediagnoseer.

Die sanger Lisa Taylr (Combrink) se lewe, soos sy dit beplan het, kon moontlik onomkeerbaar verander het nadat ‘n gewas op haar skildklier ontdek is. Dit het beteken dat sy onlangs ‘n operasie moes ondergaan wat kon veroorsaak het dat sy nooit meer sou kon sing nie.

Maar nou stel sy al haar eerste album bekend.

Lisa, die hoofsanger van die Jacaranda FM My Kid Rocks-musiekgroep, wat nou in graad 11 is het aan die News vertel dat sy verlede jaar uitgevind het sy het ‘n onderaktiewe skildklier. ‘n Doktersbesoek vroeër die jaar het ‘n gewas opgetel en na ‘n biopsie is sy ingelig dat hulle haar skildklier verwyder moet word, omdat die gewas kankeragtig kon wees.

Hulle wou hê dokters moet net die geaffekteerde deel van die skildklier verwyder en het ver gesoek om iemand te kry wat dit kon doen. Die operasie kon beteken dat Lisa, wat al van sewejarige ouderdom sing, dalk nooit weer sou kon sing of praat nie.

Met die kans dat sy nooit weer sou kon sing nie, het haar ouers haar toegelaat om vir drie maande aan haar eerste album te werk.

“Ek het al baie geskryf maar dié kon my laaste kans wees. So toe record ek die album as ‘n backup, as iets gebeur dan weet ek ek het iets met my musiek gedoen.”

Die album getiteld The eleventh hour het elf snitte op en bevat iets van als; rock, pop en Indie musiek.

“My ma vra gereeld wat my gunsteling liedjie op die album is dan sê ek almal, my musiek is soos my kinders, jy kan nie ‘n gunsteling kind hê nie.”

Vir haar was die produksie van die album die lekkerste gedeelte. Om ‘n klankgreep in te stuur en dan ‘n liedjie terug te kry.

Twee dae voor die groot operasie het sy haar laaste liedjie opgeneem.

“Reg voor die operasie toe voel dit of my hart opswel en in my maag gaan sit. Ek het gehuil en dit was die aakligste tien sekondes van my lewe, voordat ek geslaap het.”

Die eerste ding wat sy gevra het na haar operasie op 25 Junie, was of haar stem nog daar is. Lisa het drie dae in die hospitaal deurgebring voordat sy by die huis kon gaan aansterk en uiteindelik na maande weer terug gaan skool toe – iets wat vir haar moeilik was aan die begin. Maar met haar vriende se ondersteuning het dit makliker geword.

Sy verduidelik dat sy vir die res van haar lewe op medikasie gaan wees en dat sy gereeld vir toetse gaan maar dat sy glo hierdie was haar hupstoot om die talente te gebruik wat vir haar gegee is.

Sy wil graag nog ‘n album doen maar fokus nou eers op skoolwerk en beplan om na matriek voltyds op haar musiek te fokus.

“Die lekker ding van bietjie harsteer wees so nou en dan is jy kan baie mooi liedjies skryf,” het sy laggend vertel.

Die heel eerste snit van haar album is op 18 November vrygestel en op verskeie platforms beskikbaar. Die res van die album sal op ‘n later stadium bekendgestel word.

Lisa het vertel sy moes leer om nie so verskriklik staat te maak op haar musiek om goed te voel oor haarself nie.

“Ek weet dit klink erg maar die grootste vrees was die wete dat jy nie jou spesiale ding kan hê nie. Ek moes leer om net oukei te wees met wie ek is en nie hoe ek sing nie. En ook die talent te waardeer waarmee ek geseën is.”

Sy het ook geleer hoe om deur moeilike situasies te kom en deur te druk al gaan dit hoe sleg.

Hulle is baie dankbaar vir Lisa se dokters, dr Alan Cairns die sjirurg van die Wits University Donald Gordon mediese sentrum wat bereid was om nie net te opereer nie, maar wie ook seker gemaak het dat Lisa weer kan sing. Ook aan dr Andrew Griffiths, die narkotiseer, wat hulle rustigheid gegee het tydens die operasie en dr Annemie Koekemoer wat die gewas opgetel het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button