Graad 10-leerder van Noordheuwel ‘n Mej Tiener SA-semifinalis
Megan Jacobs, 'n Graad 10-leerder van Hoërskool Noordheuwel is vol selfvertroue nadat sy onlangs as 'n Mej Tiener SA-semifinalis aangewys is.
Om aan haar heel eerste groot skoonheidskompetisie te kan deelneem beteken die wêreld vir Megan Jacobs, ‘n graad 10-leerder van Hoërskool Noordheuwel. Dit gaan meer beteken as sy dit boonop nog wen.
Lees ook: Pageant title-holder opens her heart

Megan is ‘n semifinalis van die Mej Tiener SA 2023 kompetisie en verteenwoordig Gauteng. Alhoewel die finaal van die kompetisie in Oktober vanjaar plaasvind het Megan reeds besluit om ‘n verskil te maak in haar dorp deur betrokke te raak by verskeie liefdadigheidsprojekte in die gemeenskap. Dit sluit in die WAS-organisasie.
Lees ook: New Miss Township SA to inspire kids on West Rand
En al is sy steeds op skool het die hele Mej Tiener SA-ervaring haar tot dusver baie geleer.
“Dit leer my selfvertroue en skep geleenthede om ‘n verskil te maak in my gemeenskap. Ek wil veral uithelp waar dringende ingryping in Krugersdorp nodig is.”
