EntertainmentLifestyle

Drie Nories gekies vir ATKV-DigiToneel se top 16

Hoërskool Noordheuwel se Karli Marais en Rico Immelman is onder die ATKV-DigiToneel se top agt-finaliste vir 2022.

Die ATKV se eie TV-realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, is in 2023 weer op die kassie en die jong deelnemers het tydens vanjaar se ATKV-DigiToneelkompetisie al die sintuie ingespan om hul spel vir die kamera te ontwikkel en moontlik hul buiging op TV te maak.

ATKV-DigiToneel is ’n voorloperplatform vir tieners om hul eie monoloë onder ’n nuwe temawolk te skryf en dan vir beoordeling te verfilm.

Lees ook: Local boy to perform with the Drakies at Joburg Theatre

Carla Vermeulen. Foto ingestuur.

Volgens Mercia Eksteen, ATKV se Hoofbestuurder: Kommunikasie put hul vanjaar inspirasie uit die vyf sintuie van die mens.

Lees ook: The Tree Song – theatre without boundaries

“Ons vind in nuutgeskrewe monoloë uit hoe tieners sien, voel, hoor, ruik en proe. Dit was hierdie temas waarmee ons deelnemers vanjaar moes woeker om hul spel vir die kamera te ontwikkel en hul skryftalent vlerke te gee met die hulp van ons mentors.”

Sy sê ’n rekordgetal inskrywings het vir ATKV-DigiToneel ingestroom en dit het kopkrap geverg om die top-16 aan te wys.

Anome Meyer. Foto ingestuur.

Hoërskool Noordheuwel kan wel breëbors staan aangesien drie van hul leerders gekies is vir die top 16. Hulle is Corrine-Marie van Hoogdalem (Beminde), Carla Vermeulen (Tussen trane) en Anome Meyer (Wat die mure fluister).

Mentors Jacques Bessenger, Mari Molefe van Heerden, Wilhelm van der Walt en Solomon Cupido is dit eens, “Ons is verstom oor die kreatiwiteit van ons tieners en hulle het ons beslis anders laat ruik, sien, proe, hoor en voel met hul werk vir die kamera.”

Met ATKV-DigiToneel is daar geen kortpaaie deur byvoorbeeld bestaande werk af te stof en nuut aan te bied nie. Die doel met DigiToneel is om nuwe werk te skep en dit dan te verfilm.

JJ van Niekerk, projekorganiseerder van ATKV-DigiToneel, sê die groei in die kwaliteit van vanjaar se inskrywings dien as motivering om die projek aan die kreatiewe vraag te laat voldoen.

“Ek staan verstom as ek sien hoe deelnemers vanjaar alle aspekte van filmmaak ingespan het om met interessante storielyne, kreatiewe liggings en slim kamerawerk jou binne vyf minute te boei.”

Almal wat ingeskryf het, ontvang benewens hul toekennings vir prysenswaardige prestasie in spel, regie, videografie, redigering en die skryf van nuwe tekste tydens die eerste ronde ook persoonlike stemnotas van twee mentors op die paneel, wat hulle kan gebruik om hul werk te verfyn.

Die top-16 skaaf nou aan hul inskrywings en word dan verder deur nog twee beoordelaars gementor op hul reis na die nasionale eindrondte, wat in Oktober tydens die derde seisoen van Gekies vir die Kollig op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai sal word.

Hou die ATKV se webwerf en sosialemediablaaie dop vir die aankondiging van die top-8 op 9 Junie.

Die vierde digitale monoloogbundel met die toptekste (wat ’n goue [80-89%] of cum laude-toekenning [90-100%] ontvang het) word ook in Oktober bekendgestel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button