Local news

Norienes Kleuters leer oor veiligheid tydens nooddiensbesoek

Kleuters by Norienes Kleuterskool het groot opgewondenheid ervaar toe brandweerwaens, polisieperde, honde-eenhede en paramedici die skool besoek het vir ’n jaarlikse veiligheidsbewusmakingsdag.

Leerders by Norienes Kleuterskool het op 22 Mei breed geglimlag toe brandweerwaens, polisieperde en noodhulppersoneel by die skool opgedaag het.

Volgens onderwyser Leandré Hatting was die besoek deel van die skool se jaarlikse veiligheidsbewusmakingsdag om leerders meer oor veiligheid en nooddienste te leer.

LEES OOK: WATCH: Shake it! This Norie teacher inspires learners to be themselves

Adjuant-offisier Pieter Westenberg leer kinders oor die perde. Foto ingestuur
Landerique Hatting en Alexandra Whitcombe in ‘n brandweerwa. Foto ingestuur 

“Ons bied die projek jaarliks aan wanneer noodhulppersoneel die skool besoek, en vanjaar het die dienste regtig groot gegaan,” het sy gesê.

Verskeie nooddienste het aan die dag deelgeneem, waaronder die brandweer, die polisie se perde- en honde-eenhede, asook paramedici.

Tiaan Henning en Adjuant-offisier Reinier Henning speel met die honde. Foto ingestuur

Die Krugersdorp News het die dag bygewoon waartydens leerders self met die brandweer se toerusting water kon spuit, die polisiehonde kon troetel en meer oor verskeie veiligheidsaspekte geleer het.

Leandré het gesê die leerders het waardevolle ervaring opgedoen, met die hoogtepunt die kinders se opgewonde reaksie op die aankoms van die nooddienste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button