Community galleriesGalleries

GALLERY: Mhangela die kinder paradys

As dit van Mhangela Teetuin en Diereplaas afhang is die dae van verveelde vakansiekinders verby.

Hierdie welbekende kinder vriendelike uithangplek het onlangs nuwe vere gekry.

Mhangela (Tsonga vir Tarentaal) se eienaar, Adri Kruger, het gevoel dat dit tyd was vir ‘n paar nuwe speelgoed.

Dinge het egter nie daar gestop nie en vandag is daar sommer ‘n splinternuwe spyskaart by die teetuin ook.

Nuwe bestuurder, Marié Huysamen, tesame met Sonnette du Plessis, is omtrént in hul noppies met die interessante verwikkelinge.

Adri en Marié Huysamen (wat verantwoordelik is vir die welsyn van Mhangela), het hulle koppe bymekaar gesit om seker te maak dat daar sommer kleur en lewe in hierdie teetuin en diereplaas ingeblaas word.

Marié het ‘n feetjietuin ontwerp en daar word ook ‘n seerowertuin vir die seuntjies beplan!

Daar is genoeg aktiwiteite vir kinders en daar sal ook voortaan elke skoolvakansie ‘n skoolprogram aangebied word om die omgewing se kinders besig te hou en te vermaak.

Die diere word goed versorg en daar is ook nou verskeie voëls om die parkie op te vrolik.

Die donkies Jakob en Emma verskaf groot vermaak en laat gereeld van hulle hoor.

Die ponies Maya, Misty en Inca verskaf pret en ponieritte vir kinders is deel van die aanbiedinge.

Dan is daar ook Pepe die perd, vir die groter kinders wat ook graag‘n perderit wil onderneem.

Verder is daar oral bankies en piekniektafels, waar die van meer gevorderde jare kan sit en rus terwyl die jongetjies baljaar.

Die teetuin verskaf heerlike etes en daar word van heerlike pizza’s tot koek en tee, pannekoeke en heelwat ander lekkernye bedien.

Die Mhangela span beloof om selfs die mees kieskeurigste smake te bevredig.

Daar is ook spesiale aanbiedinge vir die kinders en gerugte van die beste melkskommels in Tzaneen het al klaar die loop begin neem.

Mhangela Diereplaas ontvang ook graag skoolgroepe en word daar ook toere gereël om kinders meer oor verantwoordelike toerisme in te lig.

Die diere word byvoorbeeld gevoer deur van die Tzaneen Country Lodge se afval kos te gebruik, en word alles herwin om so omgewingsvriendelik as moontlik te wees.

Mhangela spesialiseer ook in kinderpartytjies en kan enige tema of soort partytjie aanbied.

Partytjiekoeke, geskenkpakkies en eetgoed kan alles gereël word of bespreek ‘n plekkie en hou jou eie partytjie.

Daar is reeds drie verskillende partyjieplekke beskikbaar.

Skakel gerus vir Sonnette vir besonderhede of versoek ‘n kwotasie by 015-3043174.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button