Community galleriesGalleries

GALLERY: Nuwe Lions leier aangewys

Die Tzaneen Lions Klub het op Saterdag 3 Julie tydens 'n spog funksie wat by die Letaba River Lodge gehou is, hul nuwe voorsitter, Endria Enslin, aangewys en ingehuldig.

Die saal was feëtjiemooi versier en die Lions lede het ‘n heerlike en gesellige aand beleef.

Uittredende voorsitter, Debbie du Preez, het tydens die verrigtinge haar opvolger in haar pos verwelkom.

Gruschenka Boswell het al die pad van Magaliesburg gereis om die aand te gaan lei.

Sertifikate vir diens aan die gemeenskap is ook tydens die aand deur Du Preez aan haar mede-Lions uitgedeel.

Die hoop is nou, met Endria Enslin in die saal, dat die Tzaneen Lions Klub steeds so vreesloos sal voortwoeker om ons gemeenskap te dien, soos wat dit onder Du Preez se leiding die geval was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button