Community galleriesGalleries

GALLERY: ‘Spring-festival’ in fotos

Lente is in die lug en met Azaleas wat vol blom, is Haenertsburg 'n miernes van fees -bedrywighede.

Die lente fees het Saterdag 21 September amptelik afgeskop.

Die strate van die toerisme-dorpie was stampvol.

Honderde motors wat gepronk het met Gauteng nommerplate was getuienis van die gewilde fees wat besoekers jaarliks van heinde en ver lok. Toerbusse het deel uitgemaak van die getuienis.

Die feesterrein was besaai met stalletjies tydens die ‘Craft Mark’ en inwoners van die dorpie en ander uitstallers het gespog met gebak, gebottel en wie weet wat nog.

Cheerio Gardens waar die plate Azaleas en lente bloeisels pronk, het ook talle besoekers daar na hulle asems laat snak.

Alhoewel die blomme nie soos in die verlede uitermatig blom nie, bly dit steeds ‘n wonder om dit te aanskou en was dit beslis nie teleurstellend nie.

Cheerio Gardens is ‘n moet besoek.

Die koffiewinkel se spyskaart laat die mond water en die troue ekspo moet nie misgeloop word as jy beplan om binnekort die knoop deur te haak.

Gaan besoek die lentefees. Dit is die moete werd.

Fotos:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button