InternationalSport

Vossies trek groot rugby-naam nader

Reinhard Gerber is nie net ‘n bekende in internasionale rugbykringe en gesoute afrigter nie, maar hy is ook nou die direkteur van rugby by Die Hoërskool Ben Vorster.

Skaars het Gerber Donderdag in Suid-Afrika vanaf München in Duitsland geland, of hy is weer in ‘n vliegtuig opgepik om sy eerste werkdag Vrydag by Vossies te hê. Herald het met hom gesels oor sy nuwe werk en die uitdagings wat vir hom voorlê. Gerber is geen onbekende wanneer dit by skoleafrigting kom nie. Buiten sy eie speeldae wat hy provinsiale rugby vir verskeie spanne gespeel het, maar veral sukses by die Northern Bulldogs behaal het, het hy ook sy rugby by ‘n klub in Ierland geslyt.

Hy was die afgelope ses maande in Bavaria waar hy Studentenstadt Rugby in München afgerig het. Tydens sy termyn hier het die StuSta-span soos dit bekend staan, sewe van hul agt wedstryde gewen asook vir die eerste keer in hul geskiedenis die Munich City Cup gewen. Gerber sê hy hoop om homself in Vossies se rugby te kan uitleef as afrigter. “Vir die eerste ruk gaan ek myself ingrawe in die kultuur van die skool en ‘n gevoel kry van wat werk en wat dalk in plek gesit moet word,” sê hy.

Lees ook: Vossie rugby veg terug

Gerber het voorheen ook betrokke by sportontwikkeling by onder andere Cambridge Primary School in Oos-Londen asook by as rugbydirekteur by die bekende rugbyskool in KwaZulu-Natal, Glenwood High School. “Hoewel dit belangrik is om kompetisies te wen, is dit ook belangrik om met die kop en hart van spelers te werk.” Gerber volg die 3D- afrigtings-metode wat die “heart, mind and body” integreer.

Sy liefde vir die sport kom van sy hoërskooldae op Monnas in Krugerdorp. Hy het daarna op RAU geswot waar hy vir die eerste keer begin afrig het. “Ek glo daaraan om die pret-element in sport te behou. Dit moet lekker wees om te speel,” gesels Gerber. Hy sê sy vrou en kinders het vir eers in Duitsland agtergebly. Volgens hom het sy vrou ‘n goeie werk en is die ontwrigting om hul nou terug te bring Suid-Afrika toe, te groot. “Ek besef dat Vossies ‘n trotse rugbygeskiedenis het en dat ek groot skoene het om vol te staan, maar ek is vol vertroue dat ek as afrigter die seuns kan help om as volronde jong mense te ontwikkel,” sluit hy af.

Related Articles

Back to top button