InternationalSport

Wik-atlete swem, spin en grynslag

Die Wik-driekampwedren het Sondag by Stanford Lake College in Magoebaskloof plaasgevind.

Die Stanfordian-uitdaging se roete behels 1km opewater-swem, 26km bergfietsren en ‘n 10km veldwedloop. Walt Katzke wen dié uitdaging in ‘n tyd van 02:11:47.0 en handhaaf ‘n pas van 15.94km/h. Byron Anrew en Kevin Pietersen is tweede en derde, onderskeidelik in die Stanfordian-uitdaging se mansafdeling. Taryn-Maie Wille is die eerste vrou oor die eindstreep in die Stanfordian-uitdaging en voltooi die resies in 02:36:46.0. Andri Luus en Elizma Luus is in tweede- en derdeplek, onderskeidelik.

Die Wik-roete begin met ‘n 500m opewaterswem, gevolg deur ‘n 15km bergfietsroete met ‘n 5km veldwedlloop tot by die eindstreep. In die Wik ope-mansafdeling het plaaslike sportman, Kuno Venter met die louere weggestap. Venter voltooi die Wik in 01:19:17.0 en handhaaf ‘n pas van 14.38km/h. Ockert Maritz en Gavin Waites is tweede en derde in die ope-afdeling. Die vrouewenner van die Wik is Megan van der Merwe wat die wedren voltooi in 01:38:15.0.

LEES OOK: Sunday’s WIK Off-road Triathlon in photos

Grizel Gubitz vat die tweedeplek op die podium en Bianca Donaghy is derde. In die junior seunsafdeling is Reinhard Jansen van Vuuren die wenner. Hy voltooi die Wik in 01:22:59.0 – net twee minute agter die opewenner. Kian Noné is in die tweede plek in ‘n tyd van 01:23:12.0. Noné wen die 16-17-jaar-kategorie en Michael Scriven vat derdeplek. In die junior dogtersafdeling is Heidi Katzke in die eersteplek met ‘n tyd van 01:35:16.0. Anke Rood vat tweedeplek in die junior dogtersafdeling en wen die 16-17-jarige-kategorie.

Die Wik is welbekend daarvoor dat daar in spanverband deelgeneem kan word. Die junior seunspanwenners is die span, Marenksie, van die Hoërskool Merensky. Die junior dogterspan wat eerste hulle gesamentlike driekamp voltooi het, is span Girl Power. Die Wille Honde is die span wat in die ope-mansafdeling met die prysgeld wegstap en Twee Divas en ‘n Dude wen die ope-gemengdespanafdeling.

Die Scorpions is die wenners in die junior gemengde-spanadfeling en Die Queens wen die vroue-spanafdeling. Die organiseerders van die Wik bedank graag die volgende borge: Dust Suppression Technologies, Paint Pot Tzaneen, PPS Fuels, North East Office Equipment, Expedition North Polokwane, Trophy Toyota (Trophy Tyres), Talisman, Insect Science, Tzaneen Cycle Café, Stanford Lake College, Allesbeste, OK Sugar Hill, Diggers Rest en Komati Groep.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button