![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/113/2014/09/1steplekMedium_726750473.jpg)
DIE graad 9-leerlinge, van die Hoërskool Ben Vorster, het op 29 Augustus ‘n entrepreneursdag gehou waar hulle in groepe produkte aan die res van die skool te koop aangebied het.
Hulle het ‘n punt gekry vir hulle pogings, wat deel vorm van hulle rapportpunt vir EBW vir die derde kwartaal. Groot dank aan die beoordelaars vir hulle tyd en moeite.
Daar was spesifieke kriteria waarna die beoordelaars moes oplet, waarby wins nie ingesluit is nie.
Die 1ste prys is toegeken aan Bakgat Biltong, die 2de prys aan Picture This en die 3de prys aan Death by Chocolate.
‘n Spesiale prys vir Beste Besigheidsbrein is toegeken aan Monkey Men met hulle gehekelde kopbande.
Baie geluk aan al hierdie kreatiewe voornemende besigheidsmanne en –vroue.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.