Local newsNewsSchools

iThink laat Plasies dink

DIE iTHINK kompetisie word jaarliks deur HIP2B² aangebied om wetenskap, wiskunde en tegnologie onder die jeug te bevorder. Gedurende die jaarlikse wetenskapweek, vroeg in Augustus, is daar in elke provinsie ‘n kompetisie gehou waar die verskillende skole teen mekaar meegeding het. Merensky was die wenners van Limpopo, en is uitgenooi saam met die wenskole van …

DIE iTHINK kompetisie word jaarliks deur HIP2B² aangebied om wetenskap, wiskunde en tegnologie onder die jeug te bevorder.

Gedurende die jaarlikse wetenskapweek, vroeg in Augustus, is daar in elke provinsie ‘n kompetisie gehou waar die verskillende skole teen mekaar meegeding het.

Merensky was die wenners van Limpopo, en is uitgenooi saam met die wenskole van die ander provinsies om op Woensdag 27 Augustus teen mekaar te staan te kom in ‘n unieke aanlyn-kompetisie.

Deelnemers se breinkrag, tegnologiese vernuf en algemene kennis is ingespan om so vinnig as moontlik 50 moeilike vrae binne die gegewe tyd te beantwoord. Kopkrappers het gewissel van kristalstrukture, reekse en rye, chemiese formules, menslike wetenskap en vele meer.

Christelize Elbrecht, Elzette van Dyk, Marlu McLean, Emil Viljoen, Chris Bill en Charmaine Sekgota van die Merenskyspan het hul bes gedoen om Limpopo se naam hoog te hou. Na ‘n spanningsvolle 90min is die Vrystaat se St. Andrews skool aangewys as die top span van die dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button