Local newsLocal sportNewsSport

Gewilde gholfdag word weer aangebied

EEN VAN die gewildste gholfdae op die plaaslike kalender, die jaarlikse Sakekamer Chris Muller gholfdag, word weer op 19 September op die baan van Fairview Lodge aangebied. Die doel van die gholfdag is vir almal om die dag te geniet en pret te hê. Die maandelikse ete-vergadering van die Sakekamer sal ook die dag aangebied …

EEN VAN die gewildste gholfdae op die plaaslike kalender, die jaarlikse Sakekamer Chris Muller gholfdag, word weer op 19 September op die baan van Fairview Lodge aangebied.

Die doel van die gholfdag is vir almal om die dag te geniet en pret te hê. Die maandelikse ete-vergadering van die Sakekamer sal ook die dag aangebied word.

Dit word in die lapa onder by die gholfbaan gehou waar al die spelers ook middagete sal geniet.

Jacques du Toit, bekende plaaslike stadsbeplanner, sal gaste tydens die middagete inlig oor die nuutste ontwikkelings in Tzaneen en ook praat oor die algemene groei van die dorp.

Daar is plek vir spanne om die oggend of die middag die uitdagende, maar gesellige kort-baan van Fairview aan te durf. Koste is R1 000 per span per rondte en daar is slegs beperkte plekke beskikbaar.

Diè koste sluit middagete en versnaperings in. Intussen word besighede ook genooi om bowwe of putjies tydens die gholfdag te borg.

Die koste daarvoor is R500. Besighede word ook genooi om pryse in veelvoud van twee of vier vir die dag te skenk.

Alle fondse sal vir plaaslike welsyn aangewend word. Vir meer besonderhede kan Lilize geskakel word op 078 267 7208.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button