Local newsNewsSchools

Arod op matriekafskeid

Hoërskool Merensky het Maandagmiddag die blye tyding gekry dat hulle die kompetisie "Make our matric dance famous", wat op Jakaranda se Martin Bester Drive aangebied is, gewen het.

HOËRSKOOL Merensky het Maandagmiddag die blye tyding gekry dat hulle die kompetisie “Make our matric dance famous”, wat op Jakaranda se Martin Bester Drive aangebied is, gewen het.

Dit was ‘n grootse poging van huidige Plasies, sowel as oud Plasies, en almal het gestem per internet, selfoon en tablet.

Douglas Elphinstone, wie se wens dit was, se droom word nou bewaarheid en die DJ van Jacaranda, Arod, gaan die musiek maak vir die matrikulante gedurende hul matriekafskeid op Woensdag 1 Oktober.

Die Plasies wil graag ‘n ieder en elk bedank vir hul stemme.

Die gemeenskap het voorwaar saamgestaan om Douglas se droom waar te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button