Local newsNews

Plasie ‘n finalis

SIMONé Schoeman, 'n graad 12 leerder en ook voormalige hoofmeisie, is een van vyf finaliste in Solidariteit Helpende Hand se 2014 entrepreneurskompetisie.

SIMONé Schoeman, ‘n graad 12 leerder en ook voormalige hoofmeisie, is een van vyf finaliste in Solidariteit Helpende Hand se 2014 entrepreneurskompetisie.

Wat die prestasie merkwaardig maak, is dat sy die enigste vroulike finalis is.

Simoné, ‘n fotograaf, vertel dat sy meeding met ‘n voëlboer, ‘n bemarker van vars plaaseiers; ‘n skrynwerker en handelaar in springmielies en ysies. Die finale beoordeling is op 18 September, wanneer elkeen sy sakeplan en betrokke inligting aan ‘n paneel deskundiges in Pretoria sal voorlê.

Die jaarlikse Nasionale kompetisie is oop vir Gr 6-12 leerlinge. ‘n Prysgeld van R15,000 kan gewen word om in sy of haar besigheid te belê. Die betrokke skool ontvang ook R15,000 om entrepreneursvaardighede te bevorder. Al die blou-bloed Plasies hou styf duimvas vir Simone!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button