HBV is Mopani kampioene
Die 0/18 7's- rugbyspan, van die Hoërskool Ben Vorster, het op Vrydag, 5 September, en op 6 September, deelgeneem aan die "Best of the West"- toernooi in Krugersdorp.

DIE 0/18 7’s- rugbyspan, van die Hoërskool Ben Vorster, het op Vrydag, 5 September, en op 6 September, deelgeneem aan die “Best of the West”- toernooi in Krugersdorp.
Dit was die matrieks se laaste toernooi as Vossies, daarom was daar groot opwinding en baie emosies betrokke by die wedstryd.
Ongelukkig moes die Vossies se span die knie buig teen die Hoërskool Garsfontein, wat die wedstryd gewen het met 19 – 21.
Hiermee wil die Hoërskool Ben Vorster van die geleentheid gebruik maak om elke graad 12 7’s-speler te bedank vir hulle lojaliteit teenoor die skool en die afrigters.
Vossie rugby en almal daarby betrokke, sê dankie vir vyf wonderlike jare! Net die beste word hulle toegewens vir die toekoms.
Die 0/16 7’s-span van die Vossies het die afgelope naweek as Mopani 0/16-kampioene uit die stryd getree by die Mopani 0/16 7’s-toernooi te Nkowankowa stadion.
Die Vossies verteenwoordig die Mopani-streek op 9 Oktober in Polokwane by die provinsiale kampioenskap.
By hierdie geleentheid sal ‘n provinsiale wenner bepaal word, wat later vanjaar Limpopo sal verteenwoordig by die nasionale kampioenskap. Baie sterkte aan hierdie spelers.