Local newsNewsSchool sportSport

Plasie-1stes troef Vossies

HOËRSKOOL Merensky se eerste krieketspan sowel as die o/15A span het die naweek kragte gemeet in die jaarlikse derby teen Hoërskool Ben Vorster.

Die eerstespan speel op die Merensky Oval en verloor die loot. Hul word ingestuur om eerste te kolf en teken ‘n gemaklike 247 lopies aan na 50 beurte vir die verlies van 7 paaltjies.

Ben Vorster se span gaan kolf en word almal uitgeboul vir slegs 191 lopies in die 46e beurt. Merensky wen die wedstryd gemaklik met 56 lopies.

Goeie Kolfprestasies: Johan Louw -53; Rynard de Lange – 37; Rassie Pretorius-25.

Knap boulwerk: Asad Patel neem 4 paaltjies; Kulani Baloyi en Johan Louw elk 2 paaltjies

Die Merensky o/15A span speel op Ben Vorster se veld, waar die tuisspan eerste kolf en 164 lopies -almal uit, aanteken.

Merensky teken in hul kolfbeurt slegs 135 lopies aan, en verloor die spanningsvolle wedstryd met slegs 29 lopies.

Goeie kolfwerk: Richard Coleman – 56 lopies.

Boulers wie aandag trek: Viraj Devdhara neem 6 paaltjies; Pieter van Rooyen 2 paaltjies.

Plasieland se tweede span speel op hul tuisveld teen die Eerste span van Hoërskool Frans du Toit. Merensky word ingestuur om eerste te kolf en teken 287 – almal uit, aan.

Frans du Toit word uitgeboul vir slegs 101 lopies. Hoërskool Merensky se tweede span wen die wedstryd gemaklik met 186 lopies.

Kolwers: Alex Jardim – 56; S Ishani -32

Boulers: Ruurd Jacobs neem 5 paaltjies en Alex Jardim neem 3 paaltjies.

Afrigter Pieter van der Merwe bedank al die spelers vir hul sportmanskap en knap vertoning op die krieketveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button