Merensky hou koppe hoog tydens ‘oop-kop-dag’
Plasieland het op 10 September met groot afwagting oop-kop Graad 7's van verskeie laerskole om die opwindende "opedag" op Plasieland te spandeer.
PLASIELAND het op 10 September met groot afwagting oop-kop Graad 7’s van verskeie laerskole om die opwindende “opedag” op Plasieland te spandeer.
Danksy Merensky se warm harte styg die termometer maar Powerade en die koshuis Minimark se slush puppies les die graad 7’s se dors.
Soos Magnus Steyn, Merensky se skoolhoof tereg aan die graad 7’s gesê het: “By Merensky kry elke leerder ‘n geleentheid, en word elke leerder aangemoedig om tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Die doel van ons opedag is om met ‘n oop gemoed deel te hê aan die aktiwiteite sodat elke graad 7 leerder en ouer die besluit wat die beste vir hom of haar is, kan neem.”
Die “see yourselfie @ Merensky” fotohoekie en springmielie-stasie het hope vermaak verskaf na afloop van ‘n baie interessante en goed beplande expo, waar al Merensky se sport, akademiese en kultuur-aktiwiteite ten toon gestel is ter inligting van beide ouers en leerders. Al die Gr7’s kan gerus hul foto’s op HS Merensky se facebook blad gaan bekyk. Die wenner van die selfie-kompetisie wie die meeste ‘likes’ gekry het, is Ariel Oosthuizen van Laerskool Mariepskop.
Tydens opedag is daar ook tyd spandeer aan die akademiese sy van die skool waar leerders ingelig is oor die belangrikheid van wetenskap, inligtingstegnologie en ook die voordele van hotel en spyseniering. Besoekers is trakteer op musiek, dans en drama, terwyl die waagmoediges kon boogskiet, gholfballe klits en kennis maak met die Pinzyl-stoet.
Die geskiedenis van die skool kon eerstehands bekyk word tydens ‘n Museumbesoek wat die dag se aktiwiteite afgesluit het.
Merensky Hoërskool is opgewonde om blou-bloed Graad 8 skiewies volgende jaar op Plasieland te ontvang, waar tradisie bepaal dat die beste uit elkeen gehaal word.



