Local newsNewsSchool sportSport

Vossie o/15’s klop Plasies

Die Hoërskool Ben Vorster se "Black Cap" 1ste krieketspan het die afgelope naweek met 55 lopies vasgeval teen die Hoërskool Merensky se 1ste span.

DIE Hoërskool Ben Vorster se “Black Cap” 1ste krieketspan het die afgelope naweek met 55 lopies vasgeval teen die Hoërskool Merensky se 1ste span.

Die Hoërskool Ben Vorster het die loot gewen en eerste geboul. Hulle kon egter net 8 paaltjies in die 50 boulbeurte neem. Don Radebe en Philip Bester het 3 paaltjies elk geneem. Hulle moes na ete 249 aanteken om die wedstryd te wen. Die Vossie kolwers het manmoedig geveg, maar moes in die 47ste beurt die knie buig op 193. Don Radebe het uitgeblink met 58 lopies, nie uit nie.

Die O/15A- “Red Caps” van die Hoërskool Ben Vorster het die Hoërskool Merensky egter met 41 lopies getroef. Die Vossies het eerste gekolf en 166 lopies aangeteken. James Modiba het 35 lopies aangeteken en WC Kriel 25. Merensky is almal uitgeboul vir 125 en Tristin du Preez en Gustav Prinsloo spog elkeen met 3 paaltjies.

Die 2de krieketspan van die Vossies het PHS se 2de span gemaklik gewen met 8 paaltjies. Die Vossie boulers het PHS vir 136 lopies uitgeknikker en Eben Roos het 67 lopies aangeteken. Caelen Retief het 39 lopies, nie uit nie, aangeteken om die wedstryd te wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button