Local newsNewsSchool sportSport

Skuts kompeteer weer na jagseisoen

Die derde been van die ABO Tripple Crown het die afgelope naweek by Chloorkop plaasgevind.

DIE derde been van die ABO Tripple Crown het die afgelope naweek by Chloorkop plaasgevind.

Sestien van Merensky Boogskietklub se skuts het ongeag die lang jagseisoen hul kompetisie-teikens gevind en daarin geslaag om pragtig te presteer. Die kompetisie van ongeveer 250 ander deelnemers, was baie straf. Dit maak die boogskietklub se prestasies soveel meer indrukwekkend.

In die skole ligakompetisie het Lin-Mari Theron van Laerskool Tzaneen ‘n silwer medalje verwerf. Sy kry ook goud in die meisies cub-afdeling. Merensky se A-span verower ‘n derde plek in die Hoërskole liga. Ander medaljewenners was Marietjie Harmse (goud), Schalk Warmenhoven (silwer), Beneche Jackson (silwer), Renart Botha (silwer), Pieter van der Merwe (brons) en Arno Harmse (brons).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button