Top 10 leerders op toer
Die akademiese top 10-leerders van elke graad van die Hoërskool Ben Vorster en hul toerouers, het op 6 September na die TO-strand in KwaZulu-Natal vertrek vir 'n heerlike week by die see, as beloning vir hulle harde werk deur die jaar.

DIE akademiese top 10-leerders van elke graad van die Hoërskool Ben Vorster en hul toerouers, het op 6 September na die TO-strand in KwaZulu-Natal vertrek vir ‘n heerlike week by die see, as beloning vir hulle harde werk deur die jaar.
Daar was geen vaste akademiese toerprogram nie – so dit was groot pret van dag een af. Op Maandag, 8 September, was hulle na Ramsgate. Gelukkig was die weer aan hulle kant en kon hul die sonnige dag by die alombekende “Waffle house” afsluit. Deur die week het hulle die Wild Waves–waterpark, die Wildekus en die Gateway winkelsentrum in Durban besoek. Na al die lekkerkry het hierdie slimkoppe maar sleepvoet teruggekeer na Tzaneen.
Die Vossies dank God dat Hy hulle op die toer bewaar het. Hulle bedank ook Chris Denysschen , die skool, hulle ouers en hul toerouers (mnr. en me Pohl), wat die wonderlike voorreg moontlik gemaak het.