Local newsNews

Gedenkfiets ter ere van Zané opgerig

Zané Bester is reeds 11 maande gelede raakgery voordat sy aan haar beserings gesterf het. Soos met Burry Stander, is 'n spierwit fiets verlede week opgerig ter herinnering aan Zané wat op haar fiets in die geellyn op 17 Oktober verlede jaar raakgery is.

DIT is 11 maande sedert Zané Bester se dood en steeds bly die wonde rou en seer vir almal wat haar geken het.

Soos met Burry Stander, is ‘n spierwit fiets verlede week opgerig ter herinnering aan Zané wat op haar fiets in die geellyn op 17 Oktober verlede jaar raakgery is.

Sy is twee dae later in ‘n hospitaal in Pretoria aan kop- en borsbeserings dood.

Die fiets is ook vir bewusmaking vir alle fietsryers se veiligheid op ons paaie.

Dit was Vrydag die 26ste Zané se verjaarsdag en ‘n paar van haar vriende het soos elke jaar haar verjaarsdag gevier met ‘n bergfiets rit op dieselfde roete as wat hulle verlede jaar gery het die dag voor sy van haar fiets afgery is voor die Wheelbarrow.

Sondag het ‘n klompie ryers insluitende haar man, Paul Bester, ‘n gedenkrit bygewoon vanaf die Wheelbarrow.

Baie dankie aan almal wat betrokke was met die oprigting van die fiets.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button