Local newsNews

Allesbeste beloon plukkers

ALLESBESTE het onlangs hulle beste plukkers vereer deur hulle te vergoed vir hulle prestasie. Allesbeste Boerdery pluk hoofsaaklik met behulp van tydelike arbeid. Oor die 2014-15 seisoen het hulle bykans 300 arbeiders ingeneem wat help om van tyd tot tyd te pluk. Die kern van die span is basies tussen 50 en 70 mense. Allesbeste …

ALLESBESTE het onlangs hulle beste plukkers vereer deur hulle te vergoed vir hulle prestasie.

Allesbeste Boerdery pluk hoofsaaklik met behulp van tydelike arbeid. Oor die 2014-15 seisoen het hulle bykans 300 arbeiders ingeneem wat help om van tyd tot tyd te pluk.

Die kern van die span is basies tussen 50 en 70 mense.

Allesbeste wou graag spesiaal dankie sê vir hulle beste plukkers en het dit goed gedink om die top 15 plukkers te vereer. Die top tien was soos volg:

Die wenner wat in die eersteplek was, was Lindiwe Kohoza. Sy het 839 eenhede bo die verwagte teiken wat aan haar gestel was, gepluk.

Die ander plukkers wat vereer is was: Mokgale Makgopa, 731.75 eenhede, Caroline Makgopa 699, Lucas Machubeni 630, Sipiwe Sambo 572,25, Julia Lefohle 537,85, Donald Msiya 523,5, Ntombi Hlongwane 487,75, David Selowa 499,75, Dalton Maswanganyi 443, Emely Mohale 438,75, Dorah Senyolo 437,5, Joyce Mopai 430,15, Lillian Letsoalo 430 en Patrick Maluleke 403, 25.

Allesbeste het vir elkeen van die plukkers in die top 15 ‘n hemp en pet gegee, en dan vir nommer 11 tot 15, R15 selfoon lugtyd bewyse. Vir nommer 6 tot 10 is ‘n R30 selfoon lugtyd bewys gegee, en vir nommer 2 tot 5 elk ‘n R55 bewys.

Vir die wenner Lindiwe Khosa het hulle bewys van R110 selfoon lugtyd oorhandig.

Elk van die kandidate het ook ‘n sertifikaat ontvang.

‘Die hoofdoel van die belonings is om geluk te sê en die plukkers te laat voel mens wil graag ‘n verhouding met hulle bou oor die lang termyn deur hulle hande te vat.

Motivering is ook ‘n ongelooflike belangrike aspek en ons hoop dat deur die tipe aksies nie net ons eie arbeid daar buite nie, maar alle arbeid in die landbousektor sien dat goeie werk raakgesien word en waardeer word,’ sê Zander Ernst van Allesbeste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button