NewsSchools

Silwer vir Vossies

TYDENS die S.A.-skole 0/14-netbalkampioenskap het die Hoërskool Ben Vorster se 0/14-span drie silwer medaljes verower.

TYDENS die S.A.-skole 0/14-netbalkampioenskap het die Hoërskool Ben Vorster se 0/14-span drie silwer medaljes verower.

Tydens die kampioenskap het hulle met die Hoërskool Menlopark afgereken. Na afloop van die toernooi het Menlopark met ‘n totale doelgemiddeld eerste gekom, die Hoërskool Ben Vorster tweede en die Hoërskool Durbanville derde.

Die uitslae was soos volg:

BV 11 – HTS Middelburg 10, BV 19 – Shayamoya Hoërskool 5, BV 17 – Oranje Meisies 9, Ben Vorster 14 – Hoërskool Rustenburg 8, Ben Vorster 15 – Hoërskool Menlopark 14, Ben Vorster 16 – Hoërskool Brandwag 14, Durbanville Hoërskool 14 – Ben Vorster 11, Ben Vorster 19 – Hoërskool Diamantveld 9.

Die Hoërskool Ben Vorster het dus sewe wedstryde gewen en een wedstryd verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button