Editor's choiceLocal newsNews

OPVOLG: Herwinning van trok onmoontlik

Die Georges valley pad was ongeveer vier-ure gesluit Dinsdagoggend toe daar gepoog is om die trok na Maandag se ongeluk te herwin.

Die trok wat 48 000 toiletpapierrolle vervoer het, ter waarde van duisende rande, is berg-af op ‘n gedeelte van die pad wat bekend is vir trok-ongelukke. 

Ongeveer 22km uit die dorp uit.

Na die eerste trok berg-af is en nooddienste besig was om te help, het ‘n tweede trok se remme glo meegegee en dit het ‘n ketting-botsing veroorsaak.

San Souci het probeer om die trok Woensdag uit die kloof van Georges Valley te trek maar het die operasie gestaak.
San Souci het probeer om die trok Woensdag uit die kloof van Georges Valley te trek maar het die operasie gestaak.

Niemand is beseer in die tweede botsing nie.

San Souci insleep-dienste was Dinsdagoggend eerste op die toneel waar hulle die wrak van die trok moes herwin, maar dit het later geblyk om ‘n onbegonne taak te wees. 

Die trok het ongeveer 140 meter berg-af geval. 

Die vrag het losgekom en nog ongeveer 10 meter van die trok gelê.

Dit is die roete waar die trok van die Georges Valley pad af is.
Dit is die roete waar die trok van die Georges Valley pad af is.

Niklaas Mulder wat al 23 jaar vir San Souci in Louis Trichardt werk sê dat dit die “kampioen” van pas-ongelukke was en as hulle die trok en vrag sou kon herwin kan hulle enigiets reg kry. 

Die versekerings-assesors van die die trok en die vrag het onderskeidelik besluit dat dit ‘n onmoontlike taak is. 

Omrede die trok uitgebrand het, het hulle laat blyk dat dit onskadelik vir die omgewing is.

Daar is besluit om die trok nie uit te sleep nie nadat dit met die grondeienaar ooreengekom is,wat aan die Magoba gemeenskap-trust behoort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button