CrimeEditor's choiceNews

Middeljarige pedofiel 21 jaar gevonnis

‘n MIDDELJARIGE pedofiel en molesteerder wat die kerk gebruik het om toegang tot onskuldige kinders in verskeie dorpe, insluitende Duiwelskloof, Tzaneen en Hoedspruit, te kry, is Maandag in die Streekshof op Lydenburg tot 21 jaar tronkstraf gevonnis.

Willie Jacobs het skuldig gepleit op 7 van die tien aanklagte teen hom en is effektief drie jaar per kind gevonnis wat nie gesamentlik uitgedien kan word nie.

Hy sal dus effektiewelik 21 jaar tronkstraf uitdien. Jacobs het homself ingewurm as ‘n kerkleier wat bystand aan die pastore verleen het. Hy het dan sy vertrouensposisie misbruik om kinders te molesteer.

Die eerste voorval het reeds sowat vyftien jaar glede in Duiwelskloof plaasgevind waarna hy Tzaneen toe getrek het, daarna het hy in Steelpoort, Burgersfort, Lydenburg en Hoedspruit gewoon en telkens sy posisie as vertroueling van die pastor in die kerk misbruik om toegang tot kinders te verkry.

Sy uiteindelike skuldigbevinding het ‘n lang pad geloop en gefrustreerde ouers moes jare wag om te sien dat reg uiteindelik geskied.

Die saak is in 2010 van die rol geskrap en omdat Jacobs ‘n invloedryke en baie gewilde persoon in die kerk was, is die kinders nie geglo nie.

Dit is eers nadat verskei kinders na vore gekom het dat die saak regtig die nodige aandag geniet het. Selfs ondernemings van die kerk om dit intern te hanteer en te ondersoek het op niks uitgeloop nie.

Die kerkraad het die kinders nie geglo nie.

Verlede maand is Jacobs vir die eerste keer deur ‘n kriminoloog as ‘n aktiewe pedofiel geklasifiseer.

Een van die ouers van ‘n gemolesteerde kind het na die uitspraak gesê dat Jacobs se invloed in die kerk hom amper met die verfoeilike misdade laat wegkom het.

“Hy het baie invloed gehad en almal in die kerk was lief vir hom en het sy goeie dade besing. Hy was soos ‘n oupa vir die kinders en die ouers het hom met hulle kinders vertrou sonder dat hulle vermoed het hy was besig om die kinders se vertroue te wen om walglike seksdade met hulle te pleeg,” het die emosionele ouer gesê.

Die kinders en die ouers werk nou saam om seker te maak dat al die slagoffers berading ontvang en emosioneel bygestaan word.

Hooflanddros, Andre Lambrecht, was die voorsittende beampte en die Nasionale Vervolginsgesag het aangekla.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button