Editor's choiceLettersLocal newsNewsOpinion

Dankbaarheid vir ons eie Watchdog

Genie Stoltz van Tzaneen, skryf: Die brief "Watchdog kriminele se ondergang" van 6 Maart deur Anton du Plessis is presies wat ons gemeenskap meer van nodig het.

Erkenning en lof aan die mense wat werklik ‘n verskil maak aan Tzaneen,  dankie daarvoor Anton!

Marius Jacobs van Watchdog het aan die einde van verlede jaar deel van ons lewe geword toe hy as vrywilliger, met die ondersteuning van Northern Security sy dienste, gratis aan ons gebied het, om ons area te patrolleer in ‘n poging om ‘n vlaag misdaad wat ons getref het te help bekamp.

Dit alles net as gevolg van ‘n whatsapp boodskap wat ek aan hom gestuur het, hom terloops vertel het van ons situasie vir sy kennisname, en niks meer verwag het nie.

Marius het vir bykans drie maande, weekliks in die nag patrollie op ons en ons bure se kleinhoewe kom ry, soms twee-uur in die oggend, soms op sy dae af, teen geen vergoeding nie.

In samewerking met die SAPS het hulle verseker dat ons nou reeds vanaf 16 Desember 2014 laas enige insidente gehad het. Ons “dankie” en veiligheid was genoeg vir hom. Waar kry mens vandag nog sulke mense?

Juis vir die rede dat iemand soos Marius dit nooit sal verwag of vra nie, wil ek ‘n beroep op elke Tzaneener doen wat direk of indirek deur hierdie merkwaardige man se gemeenskapsdiens geraak word, om “dankie” te sê.

Kyk in jou hart na wat hy in jou lewe beteken, en oorweeg hierdie “dankies”: ‘n geskenkbewys vir ‘n heerlike ete saam met sy gesin; ‘n paar rand in ‘n koevert sodat hy ‘n koffie en ontbyt na ‘n lang nagskof kan geniet; ‘n geskenkpakkie so na ‘n man se hart; ‘n finansiele bydrae aan hom persoonlik vir sy tyd en diens; en wat van om alles te kroon, ‘n nominasie as persoon wat uitsonderlike gemeenskapsdiens lewer tydens die volgende Sakekamer toekenningsgeleentheid.

Net solank jy DANKIE sê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button