Prostitusie in dorp steeds ‘n probleem
Anoniem van Tzaneen, skryf : (E-posadres verskaf)
Ek lees gereeld “Crime reports for the past week” in die Letaba Herald.
Ek lees in die Letaba Herald van 20 Februarie dat 42 persone gearresteer is vir prostitusie en in die Letaba Herald van 27 Februarie ‘n verdere 10.
Die afgelope jaar of jare moes daar sekerlik honderde gearresteer gewees het. Is die persone wat gearresteer word almal vroulik?
Indien wel waarom word die manlike persone nie ook gearresteer nie? Wat gebeur met die persone wat gearresteer word?
Betaal hulle ‘n skulderkenningsboete of moet hulle hof toe gaan? Dit klink vir my of van die persone wat die week van tevore gearresteer was weer die volgende week gearresteer word.
Ek wonder hoeveel vrouens weet wat hulle mans na donker in die strate van Tzaneen aanvang.
Ry maar net in die aande na 22:00 met Skirvingstraat af oor in Loopstraat om te sien wat aangaan.
Ek is van die mening dat die enigste manier om hierdie probleem te stop sal wees om die manlike persone ook te arresteer en hulle name in die media te adverteer.
Die polisie se tyd kan sekerlik beter aangewend word om ernstige misdaad te bekamp as om hulle besig te hou met hierdie tipe misdaad wat net aanhou en aanhou.
U moet weet dat hierdie prostitusie elke nag in elke stad en dorp in Suid-Afrika plaasvind.
Is daar dalk iemand wat hierdie brief lees wat kan of sal verduidelik hoe dit werk?
Wat dink u?



