Editor's choiceLocal newsNews

Sakekamer vereer lede

Marinda Thomas, bekende sakevrou van Tzaneen is Vrydag aangewys as die sakepersoon van die jaar.

Vir die sakekamer is dit die hoogtepunt van die jaar en die doel van die toekennings is om erkenning te gee aan suksesvolle entrepreneurs en ook om dienslewering aan te moedig en te beloon en dank te betuig aan persone wat opofferings maak in die belang van die breë gemeenskap.

Marinda Thomas van Fairview Hotel is aangewys as sakepersoon van die jaar.

Om gedetermineerd te wees, vindingryk, innemend, abisieus en selfvertroue is die top karakter merke wat van jou ‘n suksesvolle sakevrou maak. Dit en nog veel meer is hoe Marinda opgesom kan word.

As direkteur van Fairview Hotel and Village en in samewerking met die Tzaneen Business, Tourism Community and Information Gateway het Marinda ‘n omgewing geskep en Tzaneen gevestig as een van die top toerisme bestemmings in Suid-Afrika.

Sy dra by tot die opheffing en volmagting van die hele spektrum van ons reënboog nasie in Tzaneen en omgewing.

Bertie Nel van Maxims is aangewys as beste opkommende entrepreneur, Deon Vosloo van SAB is aangewys as bestuurder van die jaar, Mug and Bean is aangewys as die vriendelikste besigheid van die jaar.

Pierre van den Heever is aangewys as die publieke verteenwoordiger van die jaar.

Meriete sertifikate is toegeken aan Fransie le Roux, van Merensky vir die uitlewing van haar taal in onderwys, Henk Mienie,vir sy onbaatsugtige diens aan Gods Haven, sy bydrae tot Tzaneen se netheid en sy opvoeding van die jeug in ons gemeenskap Gail Altona, vir haar diens aan die gemeenskap as oogarts.

Garth en Ryan Lancefield, twee plaalike jong mans , vir hulle betrokkenheid by fondsinsamelings projekte vir opvoeding in landelike gebiede regoor Limpopo. Koos Smit, wat ‘n verskil maak in die lewens van ander in ons gemeenskap en Dawie Schoeman van Lombards vir onbaatsugtige diens en bereidwilliheid om altyd te help waar hy kan.

Die volgende borge word bedank wat die funksie moontlik gemaak het, Dawie Grobbelaar van Tzaneen Swaar Voertuie, Absa Business Banking, Martin Dale Seedlings, Tzaneen Garden Centre, Lizannie Steenkamp, Jaques van der Walt van Ickinger, Blue Dot, SAB en Hotel@Tzaneen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button