Ons plaaslike atlete durf weer vanjaar die Comrades marathon aan.
Vanjaar is dit die 90ste keer dat die Comrades -wedloop gaan plaasvind.
Die “normale” aantal deelnemers word beperk tot 17 000 inskrywings waarvan ongeveer 14 500 gewoonlik begin.
Hierdie jaar is die aantal inskrywings opgestoot na 22 365, omdat dit ‘n spesiale geleentheid, nl die 90ste keer, is.
ONS ATLETE DURF DIE COMRADES AAN: Voor sittend: Paul Zaayman, Anel Swart. Middel: Nico le Roux, Derek Donkin, Edward Mathebula, Ilze Pelzer, Samuel Ralapele, Oupa Mathebula, Stephen Madiye, Martie Rudder, Mientjie Els, Hanli Bovill. Agter: Johan Grobler, Timothy Nkuna, Johan Thiart, Eddie Vorster, Raymond Rudder, Leon Roode.
HULLE DURF DIE GROTE OOK AAN: Lede van Le’Club wat die Comrades Ultra Marathon op 31 Mei gaan aandurf. Dit is hulle eerste deelname. Van links: Walt Katzke, Zelda Katzke, Shirley Stewart en Erika Mac Connel.
Die toegelate tydsduur is 12 ure om die ongeveer 88km te voltooi.
Padwerke langs die roete het tot gevolg gehad dat hierdie jaar se roete ongeveer 800m verder is as die “normale” op roete, wat tradisioneel bietjie korter as die af roete is.
Baie sterkte, bring die medaljes huistoe!
HULLE EERSTE DEELNAME AAN DIE COMRADES: Atlete van die Tzaneen Marathon Club wat hierdie jaar hulle eerste Comrades Marathon gaan aanpak. Hulle is: Anel Swart, Johan Grobler, Ilze Pelzer, Raymond Rudder, Martie Rudder, Leon Roode en Nico le Roux. Hertzog Landman en Thomas van der Meulen was afwesig tydens die neem van die foto.
Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.