Inbraak by Kloofsig saagmeule, sekuriteit erg aangerand
Vanoggend omstreeks 02:50 is daar ingebreek by Kloofsig saagmeule naby Duiwelskloof.
Luidens Marius Jacobs, van Northern sekuriteit, het hy ‘n boodskap op sy Watchdog Facebook profiel gekry.
10 Verdagtes met twee wapens het ingebreek by die saagmeule en die sekuriteits wagte vasgebind.
Volgens Marius is die een sekuriteits wag baie erg aangerand en is in die hospitaal opgneem.
Die verdagtes het die sekuriteitshek sowel as die kantoordeur oopgebreek.
‘Hulle het die kantoor verwoes,’ vertel Marius.

Daar is by ‘n stoor op die perseel ingebreek, en ‘n slypmasjien is gebruik om die kluis oop te sny.
Daar was geen waardevolle besittings of kontant in die kluis nie.
‘Hulle het tot die hele CCTV kamera stelsel uitgeruk.
Die rowers het gevlug sonder enige buit en die verdagtes is steeds op vrye voet.
Volgens Jacobs was die Duiwelskloof polisie binne 10 minute op die toneel.
‘Die polisie was tops,’ sê Marius.




