Editor's choiceLocal newsNews

Letsitele aardbewing laat die gemeenskap gons

Vermoede oor die raaiselagtige aardbewing in die Letsitele gebied laat die gemeenskap gons.

Inwoners regoor die gebied het die vibrasies gevoel.

Volgens die Raad vir Geowetenskappe se webtuiste was daar ‘n aardbewing vroeg Donderdagoggend om omstreeks 06:53.

Die omvang van die aardbewing het 1.9 op die richterskaal geregistreer, die diepte was 5.0km en die lengtegraad 3.3km.

Die aanvanklike vermoede was dat dit ondergrondse ontploffings by die Maranda myn kon wees.

Maar volgens inwoners is dié myn al vir ‘n geruime tyd nie ‘vreeslik bedrywig’ nie.

Letaba Herald kon nie kommentaar by die myn kry na talle pogings nie..

Michelle Grobbelaar, van die Raad vir Geowetenskappe het gesê, ontploffings sal nie dadelik ‘n aardbewing veroorsaak nie, dit plaas egter spanning op die ondergrondse rotslae wat later in voelbare vibrasies kan ontaard.

Sy het bygevoeg dat dit  hoogs onwaarskynlik is dat ‘n myn so vroeg in die oggend sal begin skiet.

Al die bewyse dui daarop dat dit ‘n aardbewing was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button