Editor's choiceLocal newsNews
Noodlottige ongeluk by Tarentaalrand
'n Noodlottige ongeluk het gister op die R71 net voor die Tarentaalrand kruising plaasgevind.
Twee mense is op die toneel dood verklaar en nog twee is ernstig beseer.
‘n Wit Hyundai viertrek voertuig en ‘n bakkie wat groente vervoer het, is die voertuie wat betrokke was.
ER24 het die twee ernstig beseerde mense op die toneel behandel en na die hospitaal vervoer.
Daar heers tans nog baie onsekerheid oor wat presies die oorsaak van die ongeluk was.
Toe die Herald op die toneel was, kon geen van die SAPD beamptes wat teenwoordig was meer duidelikheid verskaf nie.
Volgens een beampte, wat nie sy naam genoem wil hê nie, kon hulle op daardie stadium nog nie daarin slaag om enige ooggetuies van die ongeluk op te spoor nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





