Vossies begin atletiekseisoen op ‘n hoë noot
Die jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms van Ben Vorster het op 14 Januarie plaasgevind.

Die sportspanne: Atheners, Spartane en Trojane het van meet af mekaar die stryd aangesê.
Die uitslae van die dag was soos volg en die volgende trofeë is gewen:
Atletiek wenners: Trojane – 710 punte; Spartane – 669 punte; Atheners – 622 punte
Beste Dirigente: Atheners
Beste Sang gees: Trojane
Rekord is deur die volgende atlete gebreek:
Meisies: O/15 – 90m Hekkies: Nxalati Mashimby 15.18s (15.45s), O/17 – 200m : Lara Schutte 26.81s (27.00s), O/19 – 100m hekkies : Carmen Botha 17.08s (17.97s) asook 400m hekkies 68.59s (68.70s)
Seuns: O/14 – spiesgooi: Johan Harms 49.65m (48.16m), O/14 – 100m hekkies : Renzo du Plessis 15.53s (16.17s), O/16-spiesgooi : Emile Kruger 56.82m (53.73m)
Trofeëwenners –
Beste Junior meisies veldatleet – Jolandi vd Merwe D O/14-spiesgooi : 790 ABSA punte
Beste Junior meisies baanatleet – Neo Nkwinika D O/14-200m : 657 ABSA punte
Beste Senior meisies veldatleet – Niela Blignaut D O/16-hoogspring : 767 ABSA punte
Beste Senior meisies baanatleet – Lara Schutte D O/17-400m : 766 ABSA punte
Beste Junior seuns veldatleet – Meyer Vorster S O/15-hoogspring : 924 ABSA punte
Beste Junior seuns veldatleet – Renzo du Plessis S O/14-100m hekkies : 709 ABSA punte
Beste Senior seuns veldatleet – Emile Kruger S O/16-spiesgooi : 877 ABSA punte
Beste Senior seuns baanatleet – Ogielvy Ngobeni S O/16-200m : 769 ABSA punte
Junior Victrix Ludorum: Jolandi vd Merwe – 2039 ABSA punte
Junior Victor Ludorum: Meyer Vorster – 2190 ABSA punte
Senior Victrix Ludorum: Lara Schutte – 2194 ABSA punte
Senior Victor Ludorum: Thapelo Rameshabo – 2180 ABSA punte
Die Vossies het ongelooflike gees getoon en sien baie uit na ‘n suksesvolle atletiekseisoen 2016. Ten spyte van die versengende hitte het elke atleet en ondersteuner sy beste gelewer. Weens die reën het sommige items nie plaasgevind nie. Die atlete gaan deur die week voorberei vir die Nelspruit-byeenkoms wat op 23 Januarie plaasvind.