Local newsNews

Stem en maak Hoedspruit ‘n wenner

Hoedspruit is een van die finaliste as Dorp van die Jaar in Limpopo.

Die kompetisie word jaarliks deur die gewilde Kwêla op KykNet aangebied.

Genestel tussen die mooiste, blouste berge, is net ons natuurskoon ons grootste skat.

Tel daarby al ons ander besienswaardighede, pragtige woonbuurte, voldoende besigheidsentrums en restaurante asook koffiewinkels met watertand geregte en ons kan beslis as ‘n nasionale wenner uit tree.

Die tyd is egter bitter min aangesien stemme reeds Dinsdag sluit.

Daarom het ons die gemeenskap se samewerking bitter nodig.

Stem vir jou dorp en sorg daardeur dat ons ‘n wenner word!

Sms Hoedspruit na 33157. ‘n Sms kos R1.50.

Jy mag soveel keer stem soos wat jy wil.

Bemarkingswaarde van R1miljoen rand sowel as advertensietyd van 3 sekondes oor die dorp asook ‘n groot makietie kom ons kan toe as ons as die nasionale dorp van die jaar aangewys word.

Begin dus stem sodat Hoedspruit as die Limpopo finalis kan deurdring na die finaal!

Ondersteun ons pragtige dorp en stem nou!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button