Editor's choiceLocal newsNews

BB motors gee geld vir landbou

BB Motors in Tzaneen het R10 000 aan Agri Letaba beskikbaar gestel wat hulle moet gebruik om boere wat tans in nood verkeer te help.

Volgens Nic Dorfling, handelaarshoof, is hierdie geld bewillig om boere in die area te help, ongeag van stand of statuur.

Unitruck South Africa het aanvanklik aan Dorfling en sy span R5 000 gegee om in die Tzaneen omgewing te gebruik om mense te help.

Dorfling het nie net besluit om die geld aan die boere in nood te gee nie, maar sommer om dit te verdubbel ook.

Volgens Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba, is dit fantasties om te sien hoe die sake sektor hand uitsteek na hul landelike kollegas in nood.

“Midde in die ernstige droogte het die hael ook nog van ons boere seergemaak. Hierdie geld sal ‘n paar gaatjies kan toemaak, maar om werklik ‘n verskil te maak sal nog besighede hierdie skenking moet ewenaar of selfs klop,” het Vorster gesĂȘ.

BB Motors se goedhartigheid gee hiermee Letaba Herald die geleentheid om alle ander besighede uit te daag.

Kom sakemanne en -vroue, haal uit daai beursie en help die voedselvervaardigers van ons land in hul tyd van nood.

Hou gerus die Herald se Facebook blad en webwerf dop vir meer besonderhede oor hoe om aansoek te doen vir hulp verlening, sowel as watter paadjie mens moet loop om self geld te skenk soos inligting beskikbaar word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button