Editor's choiceLocal newsNews
Amanzi verloor sy stryd
Die klein olifant, Amanzi, wat by die Phalaborwa-koper myn se afval-watergat geval het, was te swak en het sy stryd verloor.
Die span by Hoedspruit Endagered Species (HESC) het alles in hulle vermoë gedoen om die bulletjie aan die lewe te hou.
Amanzi het verswak tot so ‘n mate dat sy lyfie hom nie meer kon ondersteun nie.
Volgens inligting het sy toestandin die laaste paar dae verswak.
Hy kon ook nie meer deur sy slurp asemhaal nie.
Daar word vermoed dat hy ‘n virus opgedoen het.
Hy is gistermiddag net na 16:00 dood.
HESC se personeel bedank almal vir hulle gebede en goeie wense.
Vir die vorige artikel, klik op: https://goo.gl/dEp97J
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



