Charlene is opkomende entrepreneur
Charlene Eloff, van die nou reeds bekende en gewilde Oppi Plasie, is Donderdag deur die Tzaneen Sakekamer met 'n toekenning vir die Opkomende Entrepreneur van die Jaar, vereer.
Oppi Plasie het begin as ‘n partytjie venue wat vir kinderpartytjies beplan was.
Hierdie kindervriendelike plaas omgewing het gou bekend geraak en word toe maande vooruit bespreek.
Elke partytjie word gedoen asof dit vir Charlene se eie kinders sou wees.
Na ‘n jaar of wat is daar ook op die perseël ‘n plaaslike mark begin waar meer as 60 uitstallers elke maand vars- en handgemaakte produkte verkoop en baie gewild geword het.
Mense van Tzaneen kom kuier elke maand heerlik by Oppi Plasie se Kraakvars Mark.
‘n Behoefte het by Charlene se naby vriendinne ontstaan vir ‘n skooltjie op die perseel.
In Junie 2015 open Oppi Plasie Kinderakademie sy deure met eenvoudige klassies en ‘n groot droom.
Agt maande later is daar meer as 40 gelukkige kleuters en dubbel soveel gelukkige ouers.
Sy stel al die kinders, ouers en haar personeel voor haar eie behoeftes.
Daar is nog baie planne en ook die strewe om môre beter te wees as vandag!



