Editor's choiceLocal newsNews

Hoedspruit is die beste in Limpopo

Hoedspruit is weer Limpopo se Dorp van die Jaar!

Diè opwindende nuus is gisteraand (Woensdag) op die program Kwêla op Kyknet bekend gemaak.

Hoedspruit was in 2012 ook Limpopo se Dorp van die Jaar vir Limpopo, maar het ongelukkig in die nasionale kompetisie naelskraap teen Sabie verloor wat toe die landswye wenner was van diè gewilde kompetisie.

Vanjaar het Hoedspruit vir Modimolle (Nylstroom) en Tzaneen uitgestof in die wedloop om as provinsiale kampioen gekroon te word.

Maak Hoedspruit die beste in die land.
Maak Hoedspruit die beste in die land.

Hoedspruit se aktiewe sakekamer staan aan die spits van die veldtog om diè dorp as nasionale wenner gekroon te kry.

Plaaslike besighede, instansies en individue wat wil betrokke raak by die inisiatief en wil help om Hoedspruit die landswye kampioen te maak kan met Sarah Bergs, die voorsitter van die Sakekamer, skakel op 071 909 7261.

Kwêla word Woensdagaande om 20:00 op Kyknet gebeeldsend en die Dorp van die Jaar kompetisie gyp jaarliks die verbeelding van die hele land aan.

Nege dorpe ding in die eindstryd teen mekaar mee – Nege provinsies, maar Noordwes en Gauteng is saamgegooi terwyl Namibië ook ingetrek is.

Die wendorp kry massiewe blootstelling op televisie en dien as ‘n baie sterk bemarkings hulpmiddel vir enige dorp wat ‘n finalis is en veral uiteindelik die nasionale kompetisie wen.

Hoedspruit het ongelooflik baie om te bied.
Hoedspruit het ongelooflik baie om te bied.

 

Die wenprys is advertensies op televisie ter waarde van ongeveer R1miljoen.

Onthou, die finale stemronde vir die wendorp is van 11 Mei, 20:00 tot 17 Mei, 12:00. SMS net die dorpnaam na 33157.

Sms kos R1,50, 30 sms’e per nommer mag gestuur word.

Kom Limpopo, almal kan saamwerk en saamstaan om Hoesdspruit die 2016 Dorp van die Jaar te maak!

Stem vir Hoedspruit om te wen.
Stem vir Hoedspruit om te wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button