So maak mens slaggate reg
AfriForum en die nuwe takbestuur in Tzaneen het verlede Vrydag begin om slaggate van 30 m2 in dié dorp se strate teen 'n bedrag van R15 000 te herstel.
Dit volg nadat AfriForum die Groter Tzaneen-munisipaliteit op 11 Mei 2016 op terme geplaas het om verskeie slaggate in die dorp te herstel en die munisipaliteit nie op dié aanmaning gereageer het nie.
Dit is een van die projekte wat AfriForum as deel van die organisasie se #selfdoen-inisiatief geloods het en vorm deel van dié organisasie se nasionale slaggatmaand wat op 9 Mei 2016 afgeskop het.
In dié maand sal daar in Limpopo en Mpumalanga alleenlik R1,2 miljoen spandeer word om slaggate te herstel.
Dié onkostes sal daarna van die betrokke munisipaliteite verhaal word.
Die nuutverkose takbestuur bestaan uit Pieter Venter (voorsitter), Anton Viviers (ondervoorsitter), Lizandra Viviers (sekretaris), Frans le Grange (tesourier), Louis Naudé (veiligheid), Stephan Honiball (omgewingsake), Wim Jacobsz (plaaslike regeringsake) en Carl Sonntag (jeug).
Marius Jacobs, Albert Smith, Johan Jacobsz, André Thomas en Abri Coetzee is almal addisionele lede.
“Die nuwe takbestuur sal deur projekte soos hierdie infrastruktuurprobleme in Tzaneen aanspreek,” het Venter aan die Herald gesê.
Raak by jou plaaslike tak betrokke en SMS “Gat” na 45340 (R1).



