Letaba Bosbokke loop Louis Trichardt
Letaba se eerste rugbyspan het die span van Louis Trichardt in 'n spannende wedstryd met 21- 5 geklop nadat Louis Trichardt met die aanbreek van halftyd 5-0 voor was.
“Extreme ATV” se borgskap van 75 opwarming hemde vir Letaba Rugby Klub , het die eenheid en samehorigheid verskaf vir die manne van Tzaneen om ekstreme rugby op te dis Saterdag middag.
Meer as ‘n 100 voertuie vol mense het Saterdag deur die hekke beweeg om die spanne te ondersteun.
Letaba se voorspelers het van meet af hul stempel op die wedstryd afgedruk en ondanks ‘n paar brein floutes deur die agterlyn tydens die eerste helfte kon die swaargewigte van Letaba tog daarin slaag om die wa deur die drif te kry.
Die vooruitgang wat die jong 20 jarige Jaco Moller (Loskopstut) gemaak het in die laaste 5 weke, vanaf hy sy eerste wedstryd vir Letaba se eerstes begin speel het, is werklik verstommend.
Hierdie sagmoedige reus is besig om in ‘n ware monster te verander en begin saam te gesels met Thulane Matonzi (op haker) en Steve”Beast” (Letaba se ou groot vaskop wat weer fiks is).
Hierdie wedstryd was seker een van sy bestes nog.
Nog ‘n jongman, Reinardt Scoombee die 2m slot, is besig om by die ouman langs hom, Eben Fichard, aan te steek en hul kombinasie word byna elke wedstryd beter.
Letaba se groot dilemma is die hordes uitstekende losvoorspelers wat daar is om uit tekies en dan is daar die legendariese Sven Hadin wat al vir ‘n dekade en ‘n half vir Letaba speel.
Wedstryd na wedstryd aanvaar die man van die wedstryd Saterdag, Terblance Voster, die uitdaging om die gesogde nommer 6 trui sy eie te maak.
Selfs Pretoria Silubane wat die sewe trui vir die eerste keer gedra het, het uit sy vel gespeel .
Die kaptein, Scheepers Lubbe, het in die eerste helfte bietjie weggeraak maar in die tweede helfte weer gewys waarom hy die kapteinsarmband dra.
Swak besluitnemin en hanteringsfoute in die eerste helfte het Louis Trichardt in die wedstryd gehou.
Tydens rustyd het afrigter Sterre omtrént hard en reguit met sy spelers gepraat en dit was by die aanvang van die tweede helfte reeds duidelik dat Louis Trichardt skielik met ‘n “ander” Letaba span te doene het.
Vir een keer het die Bosvarke (Letaba tweedes) net soos ‘n tweede span gespeel in die eerste helfte en twee sagte drieë afgestaan en die wedstryd teen die onoorwonne liga voorlopers Dendron eerste span weggegooi.
Hier het die manne terug gekom in die tweede helfte om uit eindelik met 25-12 te verloor.
Die juk moet deur Tweedle Dee en Tweedle Dam gedra word – Devon Robson en Zander Strydom die skakelpaar. Hulle het van die bank af gespeel oor dissiplinêre aksie die week.
Die verskil in die tweede helfte het gekom toe die twee op is. JP O?Connell begin weer wedstrydskerpheid toon na sy knie operasie.
Verblydend was die terug keer van Willem Snyman na sy gebreekte hand vroeg in die jaar .
Die nuwe Titaan van Letaba het sy verskyning gemaak in Frederik (Erik) van Niekerk.
Die yster van Ben Voster gaan nog groot treë op die velde van Limpopo rugby gee.
Die Hippo’s (Letaba se derdes) het weereens 5 liga punte verdien die week met hul oorwinning van 40-0 en le nou tweede in hul liga.
Die Bosvarke lê derde en so ook die eerstes. Letaba lyk goed met die draai van die seisoen om al 3 sy spanne in die semi-finale te kan laat speel.
Geluk aan al die afrigters so ver.
Die Bosvarke speel Saterdag middag 17h00 op die skou gronde tuis teen Phalaborwa se eerste span.
Almal is welkom om die wedstryd saam met ons te kom geniet.



